Music for Our Little Ones

Feedback from Music School Owners

Elsabet, musiekskooleienaar van die noordelike voorstede in Kaapstad:

"Hierdie musiekprogram is en bly my absolute passie!  Dit is my vitamien C pil elke oggend.  Ek voel só bevoorreg en geseënd om deel daarvan te kan wees.  Ek beskou my musiekskool as my sendingveld en probeer elke dag iets vir elke klein kind in my klassie beteken."

Anne, music school owner from Durban:

"This has been the most rewarding year of my 16-year teaching career! The little ones (all 85 of them!) have added a new dimension to my life – their enthusiasm and retentive minds have given me renewed energy and hope for the future of music in SA. My fridge and classroom walls are covered with the spontaneously delivered artwork that I was presented with on a weekly basis (this was in addition to some wonderful homework pictures). “Aunty Anne, there are so many hearts in this picture because we love you so much!” To give an example: in one lesson we had been listening to “other” kinds of music (folk, pop, etc.) and when it was time for instruments, I asked if we should play these other kinds of music. The answer came without any hesitation: “No! We want normal music!” - that is classical music!  It was definitely the highlight of my year to know that they regard classical music as the norm. Thank you both so much!"

Danelle, musiekskooleienaar van Paarl:

"Ek is so trots om deel te wees van die Suid-Afrikaanse Musiekwaardering- en Ontwikkelingskool! As voltydse musikant het ek nog altyd gesoek na 'n platform waar ek werklik van diens vir my gemeenskap kon wees. Ek het dit gevind in die Musiek vir ons Kleintjies program! Weekliks kan ek sien hoe die Musiek te werk gaan in die jong breintjies en hoe my kinders flinker dink en selfs sosiale struikelblokke oorkom. Ek dink nie dit is toevallig dat my onderskeie skole die musiekstudente as hul hoofrolle kies vir hul eindjaar konserte nie! Hulle is baie meer seker van hulself en skroom nie om uit te staan nie. Ek sien uit na vele meer jare as 'n maestro of Tannie Musiek soos die kinders my noem!"

David, music school owner from Cape Town

"This is a wonderful course to teach.  Very well organised with excellent lesson plans.  It is very rewarding to see the children develop many different skills - from musical to social to intellectual - but mostly to see the expressions of joy on their faces when they have mastered a new skill and can say I did it!"

Belinda, musiekskooleienaar van Senekal:

Belinda Campher is ’n baie dinamiese Maestro wat haar musiekskool in Senekal bedryf. Sy werk as ‘n arbeidsterapeut in praktyk en kombineer ons program met van haar werk as gevolg van die terapeutiese waarde daarvan. Hierdie is ‘n uittreksel uit ‘n brief wat ons onlangs van haar ontvang het:

"Op die video is die les wat ek in Junie afgeneem het vir selfevaluering. Ek het vir elke kleintjie sy eie DVD laat sny. Dit was vreeslik lekker vir die kinders en is baie positief ontvang. Jy weet nou ek doen nie die musiek regtig vir die inkomste nie – ons dorpie is te klein- nietemin het ek in ons piepklein gemeenskappie hierdie jaar 30 kindertjies gehad wat eintlik ongelooflik great was. Steeds lekker om iets te doen wat vir die kids so lekker is en terselfdetyd soveel ontwikkelingswaarde het. Ek skakel elke jaar ¾ behoeftige kinders met ontwikkelingsagterstande gratis in en hulle floreer! Ek kry ook ouers wat bereid is om kinders te borg om vir ‘n jaar se musiekgeld in te staan – het die jaar ook enetjie in die groep wat amper blind is en jy sal nie glo hoeveel hy gevorder het en hoe spontaan hy nou deelneem nie! Moenie mislei word deur my ou klein musiekskooltjie en andersins vol program nie, Musiek vir Ons Kleintjies hier in ons dorpie het ‘n passie geword!"

Theresa, musiekskooleienaar van Bloubergstrand in Kaapstad:

"Mense vra vir my hoe dit gaan met die besigheid/musiekskooltjie, of ek die regte besluit gemaak het en of die 'career change' die moeite werd was.

My antwoord: Dit gaan goed, veral omdat dit my eerste jaar is, alhoewel die eerste kwartaal nogals stresvol was. Dit is vir my geweldig rewarding en dit is glad nie vergelykbaar met my vorige werk in die korporatiewe sektor nie, dit is 100 000 keer lekkerder en beter. Die flexibility & die feit dat ek my eie ure kies is natuurlik 'n bonus en so 'n life-saver vir my want die feit dat ek weet dat ek daar kan wees vir my gesin wanneer dit nodig is en die feit dat my man nie daardie druk op hom het nie is vir my goud werd.

Ek is heeltemal 'n ander mens vandat ek my eie musiekskool begin het. Ek wil opstaan in die oggende en begin die dag met die wete dat ek 'n verskil in 'n paar kleintjies se lewens gaan maak vandag plus die bonus van pragtige klanke daarby.

Anna & Lydia, ek wil graag vir julle twee en Tania baie dankie se vir al die ondersteuning, motivering en bystand want ek weet ek sou dit nie sonder julle kon doen nie."


Submit online form


From : * Compulsory
Email : * Compulsory
Tel : * Compulsory
Subject : * Compulsory
Message: * Compulsory

All fields are required.