Music for Our Little Ones

Feedback

"My seun se liefdie vir musiek kom van Musiek vir Ons Kleintjies; kyk hoe speel die man nou klavier en viool.  Dankie vir al die moeite wat jy insit, die kinders geniet die program verskriklik!"

"Sjoe ek was regtig beïndruk met die musieklesse hierdie jaar!  Dit is ongelooflik wat jy met die kinders doen, ek kan nie ophou praat daaroor nie!  My kind was regtig gek oor jou musiekklassie die afgelope jaar.  Ek wens meer ouers kon weet watter verskil musiek maak in die ontwikkeling van kinders."

“My child thoroughly enjoys the music classes and looks forward to them each week. He also looks forward to doing his “work” when he gets home. I personally think that it is a wonderful opportunity for the children to participate in such an activity at such an early age. I think you deserve a big thank you!”

"Ongelooflik dankie vir julle kosbare insette hierdie jaar!  In my kind se speel en doen en late elke dag word elke moontlike ding 'n musiek-instrument, slaan sy ritmes en klap en rym kreatief soos wat die dae verby rol.  Ek kan 'n groot verandering sien en die pret by die musiek is STUNNING!  Ek is nogsteeds ongelooflik verras oor die impak wat jou klas gemaak het in so 'n kort tydjie.  My kind was nog altyd lief vir musiek en die bewusmaking is so kosbaar en op die regte ouderdom vir haar.  Dankie dat jy jou passie en liefde deel met 'n klomp kinders wat ek glo dit nes my enetjie opslurp."

"Many thanks for the concert today.  As you can imagine, most of the feedback we receive - having a child with learning difficulties - have not always been to positive, but your feedback lifted our spirits and we are so grateful to you for bringing that out in our son!"

“Ek is werklik verstom deur die musiekkennis wat my seuntjie binne 'n relatief kort tydperk opgedoen het. Die weeklikse musiekles is die hoogtepunt van sy week en hy het geen aansporing nodig om sy “huiswerk“ na elke les te doen nie. Ek kan die Musiek vir Ons Kleintjies-program sonder huiwering by enige ouer aanbeveel.“

“Die inhoud van die lesse is uitstekend saamgestel. Ek dink veral die speelkant hiervan is belangrik omdat die kinders dadelik tuis voel. Die kennis wat oorgedra word is ook voldoende en die vaslegging en herhaling daarvan noodsaaklik! Bou daarop voort.“

"My seun is elke Woensdag vreeslik opgewonde as ek hom kom oplaai by die skool en hy my sy stempel wat op sy hand is wys en vertel wat hulle vir die dag gedoen het. Werklik baie dankie vir julle moeite met die kinders - dit maak my dag as hy so opgewonde is oor die musiek."

"My daughter loves the class, Thursdays I get to hear all about the lesson for the day. She acts out the lessons taught to her and that makes my husband and I feel really special. She plays you and we have to be the class and then she tells us what to do, as per the lesson. Thank you very much!"

"My child is sick and not at school today, but is very sad to have to miss music class. Please confirm the time of the class, as he has asked me to bring him for music especially..."

“Baie dankie vir drie jaar se musiekgenot! Ai, my kind het uitgesien na elke musiekklas. Dankie vir die saadjie wat geplant is in haar jong lewe. Music is for life!“

“Musiek vir Ons Kleintjies bied vir elke kind die geleentheid om iets waardevols saam te dra vir die res van sy lewe. Die kleintjies is altyd afwagtend tydens die lessies en ervaar dit as uitdagend en stimulerend. Baie dankie vir hierdie spesiale program - dit was 'n wonderlike jaar.“

Submit online form


From : * Compulsory
Email : * Compulsory
Tel : * Compulsory
Subject : * Compulsory
Message: * Compulsory

All fields are required.